Spore in die sneeu . . .

Article from Wild & Jag/Game & hunt magazine October 2012 by Douw van Schalkwyk

Met nog ‘n jagseisoen agter die rug is die gewoonte om te besin oor wat gebeur het. Tyd om na te dink en elke oomblik to herleef, veral as mens die seisoen afgesluit het met die verwesenliking van ‘n droom. Ja, na aft probeerslae oor ‘n tydperk van vyf jaar het ek een van my drome verwesenlik.  Vyf winters en agt koue dae met dik lae klere en nog meer frustrasies oor die koue, nat voete – dit is wat dit geverg het om ‘n vaalribbok in die Oos-Kaap, en meer spesifiek in die bergagtige Rhodes-omgewing te jag. Die wat weet waar Rhodes gelee ies, sal verstaan dat van Mei tot einde Julie die Drakensberge meesal toegesneeu is, wat die jag natuurlik meer uitdagend maak.  Met die addisionele hoogte bo seespieel, is Rhodes nie ‘n walk in the park nie.  Daar is berge en dale o moor t steek, riviere om deur te gaan, baie modder en natuurlik sneeu, maar die ergste is die snerpende koue.

Spore in die sneeu

Sneeu verberg gate en polle en ons suiderlinge ken dit nie, dus bevind jy jou meeste van die tyd gat oor kop!  Maar as jy ‘n vaalie soek, moet jy maar die elemente trotseer – dit is nie ‘n plek vir sissies nie!

My gids en jagondernemer Fred Steynberg van Linecasters op Rhodes is ‘n man wat op die dorp grootgeword het met ‘n besondere liefde vir jag en visvang, en hy ken die berge asook die bokke.  Jy skop nie ‘n vaalie sommer agter die eerste bult uit nie, hullewei bo in die berge en veral op die skuins hange.  Daar is baie selde alleenlopers.  So ‘n trofeeram het mos ‘n harem om hom te beskerm, en dit is daai ou ooie wat die reputasie van die “skelmste bok” ere aandoen.

Kyk mooi na ‘n vaalie.  Hy het ore soos ‘n donkie, met valkoe en ‘n reuksintuig soon die van ‘n honger hiena!  Hulle sien jou lank voor jy enigiets kan sien.  Gebruik jy die wind, ruik die trop jou – hoe hulle dit regkry, weet ek nie.  Selfs met ‘n bietjie geluk aan jou kant en die gebruik van natuurlike elemente – soon vroeeoggendson, die wind van voor en ‘n berghang as beskutting, is die trop altyd paraat met bokke wat in al die windrigtings lê of staan!  Dar is altyd een wat jou sien, of ‘n paar wat jou hoor en / of ruik.  Soos Fred sê, hulle het ‘n ingebore sintuig wat ander bokke nie het nie.  Jy sal dus begryp hoekom dit my agt probeerslae gekos het.

Die vraag is:  Hoe het ek dan een geskiet?  “Geluk” het definitief baie daarmee te doen, maar op die einde moes ek tog ver en raak skiet.

Ons het die trop vroegoggend bo van die berg af gewaar na ons ‘n hele paar meter moes leopard crawl tot by ‘n oorhang van die krans.  Van bo van die krans af was die trop so ongeveer 300m skuins onder ons.  Die son het reg geskyn met ‘n redelike sterk wind in ons gesig.  Dit het natuurlik ons reuk en klank gedemp (tog was die bokke onsustig).  Fred het die rop duer die verkyker besigtig en die ram eenkant sien lê, wat my ‘n baie klein teiken oor daai afstand gebied het.

Spore in die sneeu

Die vorige paar maande is daar baie gesdryf in ‘n jagterstydskrif oor opwaarts en afwaarts skiet en hoe ‘n mens die stelling van Pythagoras die kerrekte vlughoek kan bepaal, ens.  Maar met my wiskunde?  Ja, sure!  Met aft probeerslae is my wiskunde blykbaar vrot.  As ek terugdink aan my standerdtwee-juffrou, mev Pullen, het sy nie verniet gesê:  “Jy sal nooit deur skool kom as jy nie jou tafels ken nie!”  Wel, met genade van be is tog deur dkool!  Maar iewers in haar wyse woorde steek daar tog waarheid – so het ek oor die harde manier geleer en gesien.  Misskiet is seker nie ‘n sonde nie, of sal ek my skoolgeld gaan terugvra?

Nou ja, soos die katein van die Leeus Na nog ‘n verloorslag gesê het:  “Ons sal weer teruggaan drawing board toe.”  So moes e kook maar dieselfde doen en met weke se oefening oor ‘n afstand van 250m met die 7mm Remington Magnum het die oefening op daai koue wintersdag tow vrugte afgewerp.

Terug by die storie.  Ek het Fred gevra of dit ‘n trofee was.  Hy het dit beam en nog iets keytgeraak oor of ons nader oet gaan ... toe kap die skoot al.  Deur die teleskoop kon ek nie sien of die rammetjie by lê nie.  Al wat ek kon sien, was hie die trop uitmekaar spat.  Na ‘n rukkie het hy gesê die rammetjie lê nog en eers na ‘n lang gesoek met die teleskoop kon ek hom sien lê.  Die hoek waarteen hy gelê het  en die slag/skop van die patron het hom oorgegooi, agter ‘n graspol in. 

Nou ja, my bok het gelêen oor daai afstand kon ek nog nie sien of dit wel  ‘n trofee is of nie, maar na die aft probeerslae en in my boek was dit ‘n trofee!

Om ‘n vaalie te jag en om een nee rte trek, is ‘n belewenis, maar om hom te gaan haal daar waar hy lê, is op sigself ‘n uitdaging.  Die krans waarvandaan ek geskiet het, is 100m loodreg af.  Boonop was die hange waar die rammetjie lê, ook teen ‘n gevaarlike hoek.  Om eerlik to wees, ek weet nie hoe ek daar af is nie, maar adrenalien doen wondere aan ‘n man.  Ons het in ‘n kloof die sneeu gebruik en op ons agterstewe afgegly.  Na ‘n gesukkel oor groot rotse en gladde graspolle het ons by die bok aangekom.  Die vaalie het my beste verwagtinge oorskry.  Met die een horing van 8 ¼ “ en die ander net oor die 8” is dit toe ‘n ware RW, en voorwaar ‘n lewensdroom.

Nog was dit nie die einde nie.  Dit was omtrent ‘n moeilike besluit, iets waaraan ek as jagter swaar gsluk het, maar om met omtrent 25kg addisionele gewing daai berge uit te koim, is nie ‘n grap nie.  Ons het die bok gekuipslag, die karkas oopgesprei en gelos vir die paar baardaasvoels wat hoog bo ons geswerf het.

Die terugtog deur daai sneeu die kloof uit was nie prettig nie, maar my trofee is by die taksidermis.

Fred Steynberg is voorwaar ‘n vriend, en sal sy beste gee om enige jagter se droom te verwesenlik.  Met die skrywe wil ek Fred bedank vir sy geduld, die lewenservaring en veral vir ‘n besondere jagondervinding.